Koinonia met U!​

Koinonia met U!

Het jy geweet die tema wat jy elke dag hier kry, kan jy deur ‘n BLOG saam aan deelneem elke dag! Ja, deelname elke dag. As jy die Blog besoek op ons website: www.1minmetjesus.co.za. Of sommer makliker as jy op anroid foon die App: 1minuutmetjesus aflaai.

Vandag se Tema: HERE, ek wil nie meer U nooi om deel van my lewe, my beperkinge, my foute te wees nie. Maar ek wil U aanbod om U kind te wees aanvaar, Wedergeboorte. “Om deel van U lewe te wees!” Koinonia met U!

1 Kor 1:9 leer my dat U ons roep om gemeenskap met Christus te hê. So word ons dan Een met U lewe.

As ek in U lewe is, is U Woord in my. Johannes 15. Dan is U GEES in my. Dan is ek deel van U.

Dankie JESUS.

Amen

Shalom-Shalom
Marius Sion M

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top