
Gedagte vir die hart.
Ek lees vanoggend hoe Petrus en Johannes stap om te gaan bid (Handelinge 3).
Net tevore is hulle saam met die ander dissipels in eenheid gevul met die Heilige Gees. Maar vanoggend staan hulle op, weet nie wat die dag inhou nie.
Petrus en Johannes besluit om te gaan bid in die tempel. Oppad tempel toe “face” hul die eerste geloofstoets vir die dag. ‘n Kreupelman wag by die poort. Met instap besef Petrus Goud en Silver het hy nie- “Maar in die naam van JESUS CHRISTUS- staan op en loop!”
Wanneer ons gevul is met die Heilige Gees, gaan ons uitdagings beleef! Maar hierdie uitdagings kan nie reg gekoop word nie. Maar Heilige Gees gelei opgelos word.
Ons leer dat niks onmoontlik is deur Christus nie maar ook dat ons gereed moet wees om uitdagings te “face” en nie moet vrees nie!
Hou goeie moed in JESUS! Wat sê jy vandag, sien jy kans vir die lewe? Christus is met jou!
Shalom-Shalom
Marius Sion M