
Moet nie meer op die ashoop sit nie!
Blog: Gedagte uit die Hart:
Ons kan baie keer die boek Job lees. Dan kan ons ‘n vers of gebeurtenis daaruit vereenselwig- m.a.w. voel en verklaar dat ons op ‘n ashoop sit!
Die boodskap uit Job gaan juis daaroor om nie meer op ‘n ashoop te gaan sit nie, maar opreg van hart voor JESUS se voete te gaan sit en beleef hoe HY jou aanraak.
Die verhaal kom uit die ou Testament in ‘n tydperk toe satan nog mense kon aankla, wat beëindig is deur die nuwe Testament- deur JESUS CHRISTUS wat ons Verlos!
Staan op van die ashoop af en skud die aanklagte, die as en stof van jou af en gaan sit op ‘n suiwer en skoon niwe plek voor JESUS CHRISTUS wat die antwoord vir lewe is.
Shalom-Shalom
Marius Sion