Omstandighede sal buig maar nie jy nie!

Omstandighede sal buig maar nie jy nie!

Blog:
Woord uit die Hart!
Elke dag het ons elkeen uitdagings wat ons moet “face”! Soms voel die uitdagings letterlik groter as onsself!

Baie keer wys ons elkeen, as mens, net die mooi glimlag vir die wêreld, maar in alleen tye het ons geleer – bid!

Dit het my laat dink aan Petrus. Eers was sy naam Simon. Dit beteken Riet! Hoe baie het die riet nie geknak, selfs in swakheid toe die Haan drie keer kraai! Hy het dalk inhomself opgegee en gehuil. Besef hoe swak hy eintlik self is. Simon wat nie eens kon wakker bly in die tuin om saam en vir JESUS te bid nie-. Die ” Riet” het ook geknak!

Maar die dag toe JESUS sy naam verander na Petrus wat rots is. Kon hy elke wind van voor en aanslag oorwin. In HOM is Petrus die Rots sterker as omstandighede.

Skryf vandag die Naam van JESUS CHRISTUS oor jou naam! Anker jouself vandag in HOM en behou jou geloof. Omstandighede sal buig en knak, nie jy nie!

Shalom-Shalom
Marius Sion
Hand2:21

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top