Jou Woorde het invloed.

Jou woorde het invloed.

Blog:
Gedagte uit die hart-

As ons as kind van GOD praat, het ons reeds die saak oordink en praat ons met GODDELIKE autoriteit!

Daarom moet ons liewer stadig wees om te praat- maar altyd seker wees van ons feite en ons Woorde so vrylaat dat die wat dit hoor, respek, vrede en waarheid in ons karakter vind!

Woorde wat ons spreek het ‘n invloed op mense. Daardie invloed kan bou en stig of selfs afbreek.

Ons kan mekaar versterk deur Woorde van bemoediging, maar die vyand se werk vernietig deur Woorde wat in gebed Heilige Gees gelei ‘n kragtige wapen is.

Spreek Woorde in die krag en Autoriteit,- van GOD,-van lewe- bemoedig mekaar en hou self moed. Spreek die Woord en staan vas daarop.

1 Petrus 4:11
Shalom-Shalom
Marius Sion M

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top