Hou op bang wees!

Hou op bang wees!

Blog:
Gedagte uit die Hart:
Ons leer om ons geloof op JESUS CHRISTUS te bou. Tog kry ons baie keer mense wat hul geloof bou op wat hulle hoor.

Hulle hoor net negatiewe stemme oor die Wêreld se onreg en sonde, hoor boosheid, hoor moord en alles wat vrees veroorsaak. Alles wat vernietig. Omdat hulle die deur oopmaak en daarna luister gaan lê dit in hul harte en bedink hulle dit. Dit veroorsaak vrees. Vrees wat lam en bang en alles donker maak!

TERWYL die Waarheid is. GOD is die LIG van lewe. Daar is elke dag en elke oomblik duisend keer meer mooi en LIG! Weier om negatiewe stories, donker stories toe te laat in jou lewe. Want dis die plan van die bose om jou in ‘n status van vrees, duisternis wat lei tot depressie te plaas.

STOP DIT! Jy het die vermoë om te kies wat jy wil hoor en glo! Beleef GOD in alles! Fokus net op ‘n vol lewe van vrede! Net op GOD! Die res is leuens! Daar is hoop, lewe en ‘n geseënde toekoms vir jou! Ja altyd uitdagings, dis verseker.
Jesj 41:10

Marius Sion
Shalom-Shalom

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top