Moet nie terugkyk nie.
Blog:
Gedagte uit die Hart.
Ons lewens is eintlik so nietig, so kort, so beperk MAAR ook so kosbaar en so wonderlik in die Hande van GOD.
Wanneer ons op GOD fokus as Bron en lewe. As middelpunt van alles maar ook die doel van alles. Kry ons lewe waarde.
Maar as ons terug kyk na die verlede, foute sien wat ons wens ons kon herstel, of verlang na die vleis potte van Egipte- die goeie ou dae- mis ons die doel van lewe wat voorlê.
Wat voorlê maak saak, stig en beteken lewe en baie meer as wat agter ons lê. Want GOD gee lewe en nuwe geleenthede.
Moenie terug kyk nie. Fokus op HOM wat voor wag en jou lei na groen weivelde. Wat ‘n tafel vir jou dek. Wat waarlik lewe is en lief is vir jou.
Hou goeie moed.
Marius Sion M
Shalom-Shalom
