Die Here se droom oor jou!

Die Here se droom oor jou!

Blog:
Gedagte uit die hart:

Ons het soms drome oor die lewe. Soos jare aanstap en ons lewenspad gevul met toetse, aanslae en altyd GOD se seën deur SY teenwoordigheid ons lei. Vervaag drome soms of verander ons drome oor die toekoms?

Maar wanneer GOD ‘n droom vir jou lewe gee, kan jy soos ‘n Josef in ‘n put beland, uitverkoop word deur vriende of familie, vergeet word, selfs aan markplein vir menslike waarde gemeet word en dan op einde in ‘n tronk van onsekerheid beland.

Waar is jou drome nou Josef? Maar wat maak saak: die Skrif sê- (Gen 39:21) Maar GOD was met Josef…..

Al lyk dit hoe, voel dit hoe en beleef jy weerstand- laat GOD se droom oor jou lewe toe! Want GOD is met jou!

Jy sal sien en dit beleef! Hou moed en hou aan!

Marius Sion
Shalom-Shalom

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top