In die eenvoud

In die eenvoud beleef mens God.

Vanoggend het ek sommer half 4 opgewonde opgestaan. Daar is so baie bidwerk, tyd met GOD dieper nodig.

Ek stap uit die voortent uit- die mis lĂȘ soos ‘n kombers oor ons. Die nag uiltjies roep en dan twee Nonnies Uile gesels oor en weer.

Ek wens ek kon die eenvoud, die natuur GOD se Teenwoordigheid met almal deel. Mense mis lewe. Ware rede vir lewe! Vrede en GOD se Skoon suiwer mooi. Dis vervang met geld, gemak, tyd en gemors van vrees!

Ek kan net vir siele bid! As ek kon, sou ek ewig in die veld, berge liewer bly. Ek met GOD! Maar siele is te belangrik. Siele…. tyd loop uit. Soos die dag gaan breek, die son opkom-die uile ophou roep, so loop die tyd uit en gaan die roep na siele ophou- as HY kom! Die LIG, die EWIGE LIG gaan kom!

Shalom-Shalom
Marius Sion M

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top