God sal jou gebed verhoor!

God sal jou gebed verhoor!

Blog: Getuienis-
Na behoorlike gebed en inbid ry ons om plek te soek om vanoggend se 7uur kort Youtube diens op te neem. In die “VUUR” van die Heilige Gees.

Ons vra die Heilige Gees om regte plek in die natuur, GOD se Ateljee, vir ons te voorsien.

Na tyd wys Heilige Gees deur rustigheid en vrede in ons harte te gee die regte plek. Amanda slaan kamera op, kry alles gereed en ek begin bedien. Amoer klaar daag ‘n vrou regoor die pad op. Ons het nie eens besef agter die bosse is ‘n plaashuisie nie. Die vrou bevestig dat sy al 2 weke bid om ons te ontmoet- min besef ons, dis waarom VADER die plek voorberei het vir die opname. Sy het my stem in haar plaashuis daar oor die pad erken en dadelik uitgekom. Vir my was dit “Whauw HERE, elke gebed verhoor U!” Ons kon vir haar bid. Dis die GOD wat ons dien.

Wat jou ook sal verhoor! Moenie opgee nie, bid en vertrou GOD met alles!

Marius Sion
Shalom-Shalom

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top