Jy is uniek deur God geskape!

Blog: Besoek ons website: www.1minmetjesus.co.za.
Laai Op Anroidfone App af: 1minuutmetjesus
Gedagte uit die hart.
Elke mens is uniek deur GOD geskape. As jy JESUS in jou hart het, het jy die karakter aangeneem wat GOD lief het.
Daarom moet jy nooit begeer om soos iemand anders te wees of in hulle skoene te staan nie. Nog minder om te besit wat ander het. Dis nie aardse besittings of ander mense se karakter of hul welstand wat jou kosbaar maak vir GOD nie. Dis die unieke jy wat JESUS in jou het wat spesiaal is en wat GOD lief het.
Geseende dag en weet jy is baie spesiaal vir VADER GOD, jou ABBA!
Jesus liefde
Shalom-Shalom
Marius Sion
2 Kor 10:12