Moet nie op die storm fokus nie!

Moet nie op die storm fokus nie!

Blog:

Woord uit die Hart.

Matt 14:22-36 Lees ons hoe JESUS op die see loop. Dan hoe Petrus vra as dit U is, beveel my om op die water na U te kom. En HY sĂȘ “kom!”

Hierop het Petrus gegaan. Op SY bevel. Maar toe hy die wind sien het hy bang geword en het gesink!

Dis baie keer wat ons sien wat ons bang maak, ons geloof insluk en laat sink. Terwyl die wind en storms niks met ons te doen het nie- slegs die opdrag na JESUS “kom!” Ons moenie ons opdrag “kom” en fokus “JESUS” in die lewe verloor nie. Dis wat ons staande hou! Dis wat storms nietig onder ons “voete” hou. Ook moet nie vergeet nie, die opdrag is nie vir almal om te “kom” nie! 11 van die 12 dissipels was netso lief vir JESUS, maar het in die bootjie gewag. As jy moet wag, bly in die bootjie tot JESUS kom. Dis waarheen HY oppad is en sal “kom”! Dan is jou opdrag nie die water en storms nie, maar om te wag!

Hou goeie moed! Was JESUS se Woorde in vers 27. Ek wil dit vir jou laat:” Hou goeie moed”
Marius Sion
Shalom-Shalom

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top