Die wêreld kan nie!

Die Wêreld kan nie!

Blog:
Gedagte uit die Hart.

Die wêreld kan nie! Dit sou vanoggend my Tema wees as ek jou moes bemoedig. Die wêreld kan jou lok deur blink, begeerlike advertensies vir lewe maar die doel agter alles in die wêreld is eie gewin!

Maar GOD -het, GOD -gaan en GOD -sal ALTYD na SY kinders se behoeftes omsien!

Dit wat die wêreld nie eens kan verstaan en bedink nie. Want geld en die blink kan dit nie bied nie.
– GOD het, kan en sal die onmoontlike gee vir SY kinders wat glo, as hulle in SY WIL en gehoorsaamheid lewe. Selfs al is dit water uit ‘n rots. HY het dit vir Israel in die woestyn gegee. Nie een keer nie, maar twee keer.

Na so gebeurtenis sal my geloof radikaal en onkeerbaar wees. As ek van daardie wonderwerk water moes drink sou ek wou opspring en uitroep- “Manne kom ons gaan val die vyand nou aan en vat ons beloofde land! NOU!! Want as GOD water uit ‘n rots kon gee, sal HY altyd met ons wees!”

Hoeveel keer het GOD al gewys HY is met jou? Dis genoeg rede om voluit in HOM te lewe!

Marius Sion
Shalom

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top