Leef die lewe!
Gisteraand was vir my groot voorreg om die 4 manne wat met Jetski’s om Suid-Afrikaanse kus ry, te ontvang met JESUS liefde.
Hul missie vir boere- rede vir die GODDELIKE projek! Baie mense sal dink- dis ‘n avontuur om met ‘n Jetski om die kus te kan ry.(3000km op see)
Dit is ‘n avontuur: MAAR- geen avontuur kan beleef word as jy nie die avontuur skep deur te droom daarvan, beplan en dan ongeag weerstand uit te voer nie.
Dis lewe! Lewe is om te droom, dan behoorlik te bid en beplan- dan die onmoontlike tog wat ‘n droom was uit te leef.
Hulle sien en beleef die see lewe. Moet respek het vir GOD se skepping en aanpas en inpas om te bepaal wat die see toelaat. Strome, golwe, branders, winde en alles om see natuur bepaal hul roete! Soms Jetski’s wat breek- maar steeds is GOD met hulle.
Leef die lewe. Droom- doen en pak die lewe aan.
( Sal vandag op my Status fotos plaas)
Kom ons bid vir die manne.
JESUS seen!
